Friday 19 December 2014

Homeschoolers visited the - www.aardskip.com - Hier word nie gewerk in die vakansietyd, maar besoeker kry ons wel.

Lees wat sê die tuisskolers:

Delarey - Baie dankie vir die leker dag en die vrae en antwoorde.
Lise, Desirèe en Cherié - Baie dankie dit was baie lekker en interessant.
Leintjie - Baie dankie oom vir die toer en oom se water is baie lekker!!!

Lana - Dankie vir jou geduld met die kinders, ons sal die skoolprojekte
bring.


Hierdie week het ons ook 'n Sonkrag Kursus aangebied, wat baie suksesvol was en wat deur 11 mense bygewoon was.

-o0o--------

Here is what the homeschoolers say:

Delarey - Thank you for the nice day and the questions and answers.
Lise, Desirèe and Cherié - Thank you, it was great and interesting.
Leintjie - Thank you for the tour uncle and uncle's water is delicious !!!

Lana - Thank you for your patience with the children, we will bring the school projects.


This week we also presented a Solar Course, which was very successful and was attended by 11 people.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday 14 December 2014

Sunnette Bridges en vriende het kom kuier. - www.aardskip.com - We had a very pleasant visit from Sunette and her comment was in one word WOW!

Sunette was in Orania vir 'n boeresportdag en sy en haar vriende het gebruik gemaak van die geleëntheid om die aardskip te kom besoek. Ek moet sê ons was heerlik veras hoe gemaklik sy met net mooi enige iemand kan gesels.

Dankie aan Dick Davel wat dit moontlik gemaak het dat sy Orania kon besoek het.

Op die web werf www.aardskip.com is daar nog 'n foto van haar te sien.

-o0o--------

Sunette Bridges (sunettebridges music-store) was in Orania for a "boeresportdag" and she and her friends took advantage of the opportunity to visit the earthship.

On the www.aardskip.com is another photo of her.

FB Sunette-Bridges


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Saturday 13 December 2014

Geut herstel na haalbui. In die sonskip gebruik ons die son se volle potensiaal; vir warmwater, krag, kook en plante. - www.aardskip.com - Gutter fixed and ready for next rainstorm.

All preparations for the Solar course is completed and all places are nearly filled.

Course is the 17 of December in Orania in Afrikaans.

In the picture you can see the gutter that was repaired after the last hailstorm. The hail the gutter's brackets were bend. In other words, the water poured down infront of the door.

We have also slightly changed the catchment water tanks's connections. The first tank will from now on always be full, and the overflow of his will fill the other tanks. This is done because the first tank withstands a fair amount of pressure from the hill and for the tank's "health", we decided keep this tank full. In case of a drought we can open the valve at the bottom to let the first tank also empty.

-o0o--------------------------------------

Alle voorbereidings vir die Sonkrag kursus is voltooi en alle plekke is byna gevul.

Kursus is die 17 Desember in Orania in Afrikaans.

In die foto sien u die geut wat herstel is na die vorig haelbui. Die hael het die geut se hakke heeltemal laat om buig, a.g.v. die hael se gewig. M.a.w. die water het presies voor die deur gestort.

Ons het ook die opvang watertenks se konneksies ietwat gewysig. Die eerste tenk sal na dese altyd vol wees en die tenk se oorvloei sal die ander tenks vol maak. Dit is gedoen omdat die eerste tenk redelik drukking moet weerstaan van die grond en vir die tenk se "gesondheid" het ons besluit om
die tenk vol te hou. In 'n droogte kan ons die klep aan die onderkant oop maak om die eerste tenk ook te laat leegloop.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Tuesday 2 December 2014

Die Sonkrag 101 en Sonkrag 102 kursusse word in Afrikaans aangebied in die Orania Beweging Ouditorium die 17e Desember 2014 om 14:00-15:30 en om 17:30-20:00.

Die Sonkrag 101 en Sonkrag 102 kursusse word
in Afrikaans aangebied
in die Orania Beweging Ouditorium
die 17e Desember 2014

Sonkrag 101 - Inleiding - om 14:00-15:30 teen R100 en
Sonkrag 102 - Ontwerp - om 17:30-20:00 teen R250 en
beide R300

Kontak info.everson@gmail.com


vriendelike groete
Ludwig Everson, Pr. Ing. M.Sc. Ing. SAIEE senior lid, VEG lid
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 53 207 0029
Sel: +27 73 134 9671

Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: VanNaamSonkrag101en102