Saturday 16 August 2014

3rd bedroom corridor window and door done - www.aardskip.com - 3e kamer se gangvensters en deur voltooi

Die derde kamer is nou afrond en ek en Retha slaap nou in die kamer. Dit is die eerste slaapkamer met 'n deur, vensters en plafon. Die plafon maak die kamer se temperatuur baie meer gerieflik as die ander vertrekke in die aardskip. Bo op die plafon het ons ook tweedehandse polistireen geplaas vir
ekstra isolasie.

Die foto wys die derde slaapkamer se deur en venster van die gang se kant. Kyk hoe groot is die piesangboom.

Die week het ons begin met die plafon van die tweede slaapkamer.

Ander interessantheidjie is dat die gryswater was nie die week genoeg vir die spoel van die toilet nie. Gelukkig is daar 'n eenrigting klep wat ons kan oop draai om die toilet te spoel met drinkwater (soos in ander huise). Die tekort aan spoel water was waarskynlik omdat daar 'n verstopping was en
van die water weg gevloei het na die septiesetenk. Daar is 'n klep wat die gryswaterpyp verbind aan die swartwaterpyp om oorvloei te voorkom. Hopelik het ons het die verstopping skoon gekry. Dit vetfilter het nogal heelwat vet in gehad, wat waarskynlik in die gryswater pyp vasgesit het.

-o0o---------------------

The third room is finished and Retha and myself moved to this room so that we can start with the second room. This is the first bedroom with a door, windows and a ceiling. The ceiling makes the room much more comfortable than the other rooms in the earthship. Above the ceiling, we also placed second-hand polystyrene for extra insulation.

The photo shows the door and window of the third bedroom from the corridor's side. See how big the banana tree.

This week we start with the ceiling of the second bedroom.

Other interesting point is that grey water was not enough to flush the toilet. Fortunately, there is a valve which can be opened to flush the toilet with drinking water (like in other modern homes). The shortage of flush water was probably because there was a blockage in the grey water pipe, and the waters flowed to the septic tank. There is a valve that connects to the grey water pipe with the black water pipe to prevent overflow inside the house. Hopefully we've got the blockage cleared. We
cleaned the grease filter which had quite a lot of fat, which was probably stuck in the grey water pipe.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

No comments:

Post a Comment