Friday 28 June 2013

Rainwater Harvesting, Use and Re-Use Examples from South Africa and Guatemala by FD Fourie & A Venter featuring www.aardskip.com

Die foto wys waar Francios Fourie sy toespraak hou oor die gebruik van hemelwater en die hergebruik daarvan.

Kliek hier om die volledige presentasie te sien.


-o0o-----------------------------------

The photo shows Francois Fourie giving a talk on Rainwater Harvesting. One of his cases was the earthship in Orania.

Click here to download the presentation. Copyright UFS.

Extract out of the presentation:
Rainwater management
. Bloemfontein has a surface area of approximately 120 km2 and an average annual rainfall of approximately 550 mm.
. Total rainfall per annum: 66 million m3.
. This volume exceeds the current municipal water demand, even after accounting for evaporation losses and groundwater recharge.
. Most of this water is lost through the storm water drains, eventually ending up in the Modder River.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Wednesday 26 June 2013

Volksblad Noord-Kaap http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg geskryf deur Charné Kemp

Die artikel was in die Volksblad 24 Junie 2013.

(As iemand 'n kopie het kan ons dit asb. kry?)

http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg

(For the English readers please Google Translate to get the gist of the article.) http://translate.google.com/#af/en/

=========================

Son-demonstrasie in aardskip wys somme is reg
---------------------------------------------

Charné Kemp


ORANIA. – Die bewoners van die aardskip op Orania het Saterdag hul meetinstrumente uitgehaal om die wintersonkeerpunt en hoe ver die son in hul huis skyn, te meet.

Ludwig en Retha Everson, die eienaars van dié eko-vriendelike huis wat onafhanklik van munisipale water, krag en riolering is, was verheug om te sien dat hul aanvanklike berekeninge korrek was.

Die huis, wat in die koppie geanker is, het 'n noordelike glasmuur waardeur die son in die winter skyn om die huis te verwarm. In die somer skyn die son nie in die huis nie, wat dit sodoende koel hou.

"Dit was Vrydag die kortste dag van die jaar en dus die wintersonkeerpunt. Ons wou egter soveel mense moontlik kry om te kom kyk hoe dit werk en het die geleentheid Saterdag gehou.

"Ten tyde van die wintersonkeerpunt sal die son die verste in die huis inskyn. Ons meet die son om 12:00, hoewel dit soggens en laatmiddae dieper inskyn. Teen 08:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, sowat 7 meter diep. Dit is wanneer die son op sy mees noordelike
posisie, oor die Kreefskeerkring, geleë is.

"Van nou af sal die middagson minder en minder in die huis inskyn tot en met 22 Desember, wanneer die son se loodregte strale op die Steenbokskeerkring val. Dit is die somersonkeerpunt. Dan keer die son weer terug.

"Vir ons dieptemaat het ons 'n maatband reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese oomblik toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het, en die afstand afgelees. Dit was 'n ongelooflike 4,62 meter. Dit het om 12:15 gebeur, sewe minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat die huis nie presies noord kyk nie, of die maatband was nie presies loodreg op die voorkant van die
huis nie.

"Of," sê hy grappenderwys, "die lengte- en breedtegrade van die aarde is nie presies reg nie . . ."

Om die hoek van die winterson te bepaal het hy 'n pyp gebruik waardeur die sonstrale 'n helder ronde sonkol op die vloer gegooi het.

"Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale af te keer sodat ons die sonkol duideliker kon sien. Die berekeninge het ons 'n hoek van 36,7 grade hier op Orania gegee. Op die Kreefskeerkring was dit waarskynlik 90 grade."

Die argitek wat die huis ontwerp het, was tevrede met sy berekeninge, sê Everson.

"Ek dink die huis is goed beplan. Ons huis is net diep genoeg sodat die son lekker diep inskyn en die dak is nie onprakties hoog nie."


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday 23 June 2013

Winter-Son-Keerpunt metings - Sun shone @ 12:15, 4.62m in www.aardskip.com @ an angle of 36.7 - Winter Solstice measurements

Op 22 Junie 2013 het ons dit gewaag om te meet hoe ver die son in die aardskip in skyn. Die egte keer-punt was wel die 21ste, maar vir gerieflikheidshalwe het ons 'n bymekaarkoms gereël vir die publiek om die gebeurtenis ook te aanskou. Sien eerste foto.

Dit is die diepste wat die 12:00 son sal inskyn in die aardskip. Dit gebeur as die son se strale loodreg val op die kreefskeerkring. Uiteraard skyn die son selfs dieper in vroeër en later die dag. Om die waarheid te sê so 8:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, so ses meter diep. Van nou af sal die 12:00 son minder en minder die huis in skyn tot en met 22 Desember en dan keer hy weer om, dit gebeur as die son se loodregte strale op die steenbokskeerkring val.

Vir ons diepte meting het ons 'n maatband, reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese moment toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het en die afstand afgelees, 'n ongelooflike 4.62 meter. Die moment het om 12:15 gebeur, 7 minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat of die huis nie presies Noord kyk nie of dat die maatband nie presies loodreg op die voorkant van die huis was nie, of die lengte en breedte grade is nie presies reg nie. Sien tweede foto.

Vir die hoek het ons 'n pyp gebruik waar deur die son se strale 'n helder en 'n redelik ronde sonkol gegooi het op die vloer. Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale buite die pyp af te keer en op die manier kon ons die sonkol duidelik in die skaduwee van die karton sien. Die pyp was 1700mm hoog van die vloer aan die pilaar vas gemaak en na ons die pyp so gedraai het dat die kol duidelik was, was die sonkol 2280mm van aanhegtings punt van die pyp gewees. Die berekening gee ons 'n hoek 36.7 grade. Interessant die hoek stem ooreen met teoretiese berekening.

-o0o-----------------------------------

On the 22nd of June we measured the time, the depth that the sun shone into the earthship and angle when the sun was at its highest point. In order to share this event with as many people as possible we did the measurement on the 22nd and not the 21st of June 2013. See first photo.

We placed a measuring tape 90 degrees to the front of the earthship next to a pillar inside the earthship. At the moment when the shadow was right next to (parallel) the tape, we placed a marker where the shadow of the roof was. The distance was 4.62 metres from the front of the earthship and the time was 12:15. See second photo.

To calculate the angle we attached a pipe with a cardboard (see photo) to cast a shadow on the floor with a sunspot in the middle of the cardboard's shadow. The pipe was 1700mm from the floor and the sunspot was 2280mm away from the attacment point. This resulted in a angle of 36,7 which agreed with theoretical angle of the earthship's position.


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Tuesday 18 June 2013

Uitnodiging Winter-Son-Keerpunt - 22 Junnie 2013 11:00 @ www.aardskip.com - Invitation to Winter Solstice

(Photo will follow soon) Beste Aardskip-vriende,

Hierdie is tyd van die jaar dat die loodregte sonstrale die Kreefs-keerkring bereik. Dit beteken dat die 12-uur middagson sy laagste punt bereik en van nou af elke middag 'n bietjie hoër bo die horison sal sit.

Ook is dit die verste punt waar die 12-uur son se strale binne-in die Aardskip skyn. Ons gaan dit meet en jy word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon

Waar: Die aardskip "Sonskip", Robynlaan 207, Orania
Waneer: Saterdag 22 Junie 2013 van af 11:00
Bring saam: 'n stoel, 'n bordjie eetgoed.

RSVP

vriendelike groete
Ludwig, Retha, Joanelle en Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Monday 17 June 2013

Waterwerke www.aardskip.com Water works ZERO water footprint house

Hier sien 'n skets van hoe die aardskip se waterstelsel in mekaar sit. Ons kry die water uit die lug, gebruik dit vier keer en laat dit weer vry in dieselfde lug.

-o0o-----------------------------------

This diagram show how the earthships water system works. We capture the water from thin air use the water four times and release it back into thin air.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Saturday 15 June 2013

Pink malva www.aardskip.com Pink geranium

Our pink geranium did take, but the red geranium does not like the slightly on the wetside condition.

-o0o-----------------------------------

Dan het ek darem ook 'n pienk malva. Die rooi wil net nie vat nie, blykbaar is die grond te nat.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Suurlemoen boompie van Anouchka www.aardskip.com Photos of our plants in the planter

Here you see our latest donation, a lemon tree and some parsley, thank you Anouchka.

A previous donation was these lettuce, thanks Lida.

We also have some peas, but they really struggle to germinate.

The pumpkin, bush beans and cauliflower germinated very well and are still going strong. The pumpkin is almost ready to be harvested. Take note that this huge pumpkin is hanging in mid-air.

The carrots are seeds from our harvest of a previous year, in another garden.

Our pink geranium did take, but the red geranium does not like the slightly on the wetside condition.

-o0o-----------------------------------

Hier kan julle ons nutste aanwins sien, 'n suurlemoen boom en pietersielie. Baie dankie Anouchka.

Lida het so tydjie gelede vir ons die kropslaai geskenk.

Ons ertjies sukkel maar om te ontkim, miskien te veel water of grond temperatuur te laag.

Die pampoen, stambone en blomkool het goed ontkiem en doen baie goed. Die massiewe pampoen van byna 30cm hang in die lug. Sy stingle word net sterker en sterker. Hoop net die tou en spykers hou (my tydelike prieel).

Die wortels is van sade uit ons vorige tuin.

Dan het ek darem ook 'n pienk malva. Die rooi wil net nie vat nie, blykbaar is die grond te nat.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Wednesday 12 June 2013

Dankie vir alle skenking www.aardskip.com Thank you very much for all donations

Met die plasing wil ons baie dankie sê vir almal wat vir ons 'n skenking
gee.

Alle skenkings is baie welkom, maak nie saak hoe klein ook al. Met die inkomste kan ons voortgaan met die projek en toere gee. Ons het 'n visie dat meer van die tipe huis gebou word, ook vir mense wat minder gegoed is. Sal die nie wonderlik wees as meer mense huise het wat vir hulle voedsel, energie en water verskaf?

Die geld word huidiglik gebruik om die erf belasting te betaal.

-o0o-----------------------------------

Thank you very much for all donations that we received.

Your donations make it possible that we can continue with this project and keep on giving tours. This way we can spread the idea and make people more aware of the fact there is an alternative way of living. We have a vision to see many more of these type of houses, also for the less privileged. Will it not be fantastic if there is more house that can provide their owners with food, water and energy.

Presently the donations are used to pay the municipal rates.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Saturday 8 June 2013

Die Volksblad Junie 2013 http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-07-reis-saam-in-aardskip Geskryf deur Charné Kemp

Die artikel is op die Volksblad van Satterdag 8 Junie 2013.

http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-07-reis-saam-in-aardskip

(For the English readers please Google Translate to get the gist of the article.)
http://translate.google.com/#af/en/

-o0o-----------------------------------
Reis saam in 'aardskip'

Egpaar se groen huis kan byna anker gooi

ORANIA. – Die swart ketel op die son-oond fluit buitekant en Ludwig (52) en Retha (47) Everson skink 'n bekertjie koffie. Hulle neem 'n blaaskans van die harde werk om hul "aardskip" te voltooi.

Dié aardskip is hul ekologies-vriendelike huis wat onafhanklik is van munisipale water, elektrisiteit en riolering.

Die egpaar het 'n week gelede ingetrek nadat bouwerk aan die "skip" 'n jaar gelede begin het. Hul dogter, Joanelle (21), studeer in Potchefstroom en seun, Arno (18), gaan volgende jaar studeer.

Dit is leefbaar, maar nog nie klaar nie. Daar kort nog binnemure, deure, geteëlde vloere, 'n garage en 'n gastekamer.

"Die aardskip is op verskeie konsepte gebaseer: Ons gebruik herwonne materiaal en skep 'n natuurlike klimaat. Die dik sandsakmure is 'n termiese massa wat, soos in 'n grot, die temperatuur stabiliseer. Die huis is heeltemal van die vloer tot die plafon geïsoleer. Dit kyk noord vir 'n ideale klimaat en sonwins. Ventilasie en afkoeling kom deur pype wat lug van binne af inbring. Ons wek ons eie energie op, plant groente en verwerk self ons riool," sê Everson, 'n elektroniese en sagteware-ingenieur. Retha is 'n oogkundige.

Die boumateriaal is herwonne blikke, plastiekkoeldrankbottels, kalk, skalie, strooi en so meer. Die aardskip se motorbandfondamente is in die aarde met grond geanker. Die buitemure is met sandsakke gebou. Die eerste laag pleister is 'n mengsel van grond, strooi en skalie. Die tweede laag bestaan uit 'n mengsel van riviersand, grond en kalk.

"Ek het net minder as sewe sakke sement onder die stutpale en skuifdeur gebruik. Die vloere in die badkamer en kombuis is met tweedehandse teëls geteël. Die res van die oppervlak is grondvloere wat geolie en gepolitoer word. Die gangvloere sal met leiklip uitgelê word."

Die kombuis het 'n induksie-stoofplaat, yskas, dubbelbaliewasmasjien en mikrogolfoond wat met sonkrag-energie gedryf word.

Die gesin kook met 'n sonoond en gasstoof. Later sal hulle hul eie bio-gas uit riool- en tuinafval ontwikkel.

"Buitekant het ek ses watertenks van 30 000 liter  waarin  ek reënwater van die dak opvang. Die water word vir drink en kookdoeleindes gefiltreer. Van daar gaan die gryswater na die binnenshuise groentetuin, by die noordelike glasmuur. Die water onder die groentetuin filtreer deur die plantwortels en word weer gebruik om toilette te spoel. Dié swartwater word na die septiese tenk buite geneem waar biogas opgewek gaan word. Herwonne water uit die aanleg gaan die tuin natlei."

Die egpaar het nege jaar in Nederland gebly en in 2009 teruggekeer.

"Ons het na Orania gekom, waar ons sonder burokratiese rompslomp kon bou."

Hulle bied reeds toere aan (teen 'n skenking) vir mense wat 'n aardskip wil bou.

Hulle gaan later 'n gastehuis en inligtingsentrum bedryf en kursusse aanbied.

Hulle sal binnekort weer hul beroepe beoefen sodra die grootste werk afgehandel en die aardskip sy finale ankers gegooi het.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Friday 7 June 2013

Dag agt in www-AARDSKIP-com, insig deur die NUWE skuifdeur - Our new sliding door and view of our kitchen. - For more info go to the weblog.

Captain blog: Day eight (8) in earthship, earth year 2013 (ac)

This week we worked on the tiles in the kitchen and the external doors. See photo for view of the sliding door and Retha laying the tiles in the kitchen.

The electrical system worked well, but we logged the in- and output and make sure we did not run the batteries flat.

We also have to watch the water levels of the planter especially if we use the washing machine.

Last couple of weeks we had a number of journalists at the earthship and in Orania. They did come specifically for the earthship, but they were here: Huisgenoot a national magazine, Aljazeera international news TV station, Vryheids Front Plus political party's magazine, Rapport and News24(publishing a coffee table book of Orania) and the Volksblad regional daily news paper.

-o0o------------------

Die laaste paar weke was daar heel wat joernaliste in Orania en het ook onderhoude gevoer met ons, oor die aardskip, sien hierbo die lys.

Hierdie week het ons gewerk aan die buitedeure en die kombuis vloer. Die skuifdeur is geplaas en werk goed. Verder is die ooste en weste deure se kosyne geplaas en tydelike deure is geplaas. Op die foto kan julle Retha sien hoe sy besig is om herwonne teëls te lê in die kombuis.

Die temperatuur in die aardskip is op die oomblik in die oggende nogal koud, maar wel so 7 grade warmer as die oggend buite temperatuur. Die res van die dag is die temperatuur heerlik.

Verder het die krag goed gewerk, deur die gebruik te balanseer. Bo en behalwe die normale apparate (yskas, mikrogolf, induksiestoofplaat, ligte, radio, rekenaars, selfoonlaaiers, haardroër, broodrooster en wasmasjien) wat 'n mens gebruik in 'n huis word daar ook nog elektries geboor, geslyp, geskaaf, geskuur en gesaag. Moet ook nie vergeet van die twee pompe wat die water laat bly vloei.

Ons moet nog wel leer hoe om die son-warm-water optimaal te gebruik.

Laastens het ons agtergekom dat ons sal beslis ook ons water gebruik moet balanseer anders gaan die plante bak oorloop. Ons moet dus die toilet genoeg
trek veral as die wasgoed gewas word.

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Sunday 2 June 2013

Dag drie in www-AARDSKIP-com, uitsig/insig van ons kamer - Our architect donated an avokado tree. - For more info go to the weblog.

Captain blog: Day three (3) in earthship, earth year 2013 (ac)

We are now an avocado tree richer in our earthship.

This is our view from our bedroom.

-o0o------------------

Op dag drie is ons aardskip 'n avokadoboom ryker. Danksy 'n donasie van ons argitekt, Christiaan van Zyl.

In die foto sien julle eers die gordyne van die kamer, dan die gang, dan die herwindeblikkiemuur, dan die plante bak met die wortels, avokadoboom en hangende pampoenrank, dan die buitevensters, dan 'n hoop skalie en dan bome in die straat.

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Die Voorblad Mei 2013 http://dievoorblad.co.za/index.php/afr/joomla-pages-iii/category-list/65-rubrieke/910-innoverende-denke-in-orania Geskryf deur Marinda Toerien

Die artikel is op die Voorblad se webwerf Mei 2013

http://dievoorblad.co.za/index.php/afr/joomla-pages-iii/category-list/65-rub
rieke/910-innoverende-denke-in-orania


(For the English readers please Google Translate to get the gist of the
article.)

===================================================
Innoverende denke in Orania

Geskryf deur Marinda Toerien

Om iets sinvol uit ou teëls, leë koeldrankbikkies en botteltjies, sandsakke,
ou buitebande en strooi te maak, moet jy nie net 'n kunstenaar wees nie,
maar ook ingenieur, entrepeneur, avontuurlustig en 'n goeie sin vir humor
hê. En dit is Ludwig Eberson en sy vrou Retha beslis. Die Voorblad het
onlangs besoek afgelê by Orania (die selfversorgende dorp in die Noord-Kaap)
en die Ebersons se aardskip-konsep gaan bekyk.

Sommer so met die aankomslag besef jy daar is fout, groot fout – niemand
laat toe dat 'n pampoenplant jou deurraam en vensters byna toerank nie. En
dan pronk daar nog sulke groot vet wit pampoene wat aan hul stele hang aan
die deurraam waardeur jy moet stap om die huis aan die binnekant te verken.

Skielik word jy deel van die Ebersons se droomhuis, ekohuis, afvalhuis waar
elke stukkie materiaal wat gebruik word om te bou, sorgvuldig geplaas word
om so deel van aardskip-projek te word. Die huis en kantoorruimte se mure is
met sandsakke gebou. Die sandsakke is opmekaar gestapel waarna dit
gepleister is met 'n mengsel van sand, strooi en skalie. Die ideaal is om ou
buitebande te gebruik, maar dar is nie genoeg in Orania nie.

Die binnemure is van koeldrankblikkies en –bottels gebou wat toegemessel is
met die sandmengsel en kalk wat sorg dat die mure waterdig en sterk is. Die
dakke is hoog en die noordkant van die huis is bedek met groot glasvensters.
In die winter strek die son tot by die agterste muur van die huis maar in
die somermaande is die huis koel.

Voor die dubbel glasvensters het Ludwig groot plantbakke ingebou waarin
groente geplant word. Die water word optimaal gebruik. Orania kry gemiddeld
300mm reën per jaar. Die water word in ses opgaartenks opgevang. Die water
word deur filters gepomp en as skoon water gebruik, dan word dit gebruik om
die plante water te gee en deur die plantwortels en skalie gefiltreer. Dan
word die water vir was- en toiletgebruik aangewend waarna dit in 'n septiese
tenk verwerk en dan uitgepomp word na bome en nie-eetbare plante.

Die krag wat die yskas, wasmasjien, rekenaar ens ontvang word deur middel
van sonkrag en batterye voorsien. Die Eberson-gesin is reeds twee jaar besig
om die huis te bou en dit nader nou vinnig die einde. Ludwig vertel sy
grootste uitdaging was die dakkappe in te bou en in te sit. Dit is gedoen
sonder 'n stelasie waarop 'n mens kan staan. So ook met die yslike vensters
en vensterrame.

Die rame is op die grond aanmekaar gesit en met 'n katrol opgehys en
dieselfde metode weer om die ruite in te sit. Alles met beperkte arbeid –
nooit meer as vier mense wat help nie. "Suid-Afrikaners moet weg beweeg van
kolonialisme en begin selfdoen,"sê die man wat met ander se afval 'n tuiste
kan skep waarvoor geen huis in Helderfontein Estate naby Dainfern hoef terug
te staan nie.

Sy konsep is so gewild dat dit van meet af 'n toeriste aantreklikheid geword
het. Selfs die ANC raadslede in Bloemfontein het kom kyk hoe die
ekovriendelike huis funksioneer en beplan om die konsep te gebruik om
HOP-huise so te vervaardig.

Foto: Ludwig Eberson in sy huis in Orania

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno