Monday 27 June 2011

Nuus - Junie - Opleiding

Opleidingsgeleentheid:
======================

Daar is 'n aardskip opleiding-siklus die volgende paar weke.

Die eerste opleiding-siklus gaan gratis wees. Dit is 'n gulde geleentheid
vir mense om meer te wete te kom van ekoboutegnike.

Volgende sessies is:
Datum: Maandag 4 Julie en Woensdag 6 Julie
Tyd: 18:00
Plek: Hoek van Diamant en Smaragstraat (oorkant die haarkapper)

Kontak: Ludwig en Retha
Tel: 053 207 0029
Sel: 073 134 9671
Blikpos: info@aardskip.com

Thursday 23 June 2011

Earthship news: June 2011 Junie :Aardskip nuus

English follows

-o0o--------------------

Versoek vir voorstel:
======================
Is daar enige eko-bouers wat wil deelneem aan 'n Aardskip projek in Orania? Ludwig en Retha Everson wag tenders in van bouers wat hierdie opwindende projek saam met ons wil aanpak. Wie wil help bou aan 'n aardskip in Orania?
Vrywilligers is ook welkom.

Vereistes:
1. Daar sal gebou word volgens die Aardskip beginsels.
2. Die bouer moet vertroud wees met aard-sak ("earthbag") boutegnieke.
3. Die beginsel van opleiding en selfwerksaamheid word ondersteun

Nuus:
Die argitek is besig met finale tekeninge.
Die penne is aan ons uit gewys. Sien fotos.

Blik-pos ons by info@aardskip.com vir meer inligting.

Groete
Ludwig en Retha

-o0o--------------------


Request for proposal:
=====================
Are there any eco-builders who would like to participate in an Earthship
building project in Orania? Ludwig and Retha Everson are awaiting tenders to
bid on an Earthship project.

Who wants to join us in building an earthship in South Africa?
Volunteers are welcome.

Requirements:
1. Principles of Earthship building will be followed.
2. Principles of earthbag building.
3. Support the training and use of local Oraniërs/Afrikaners (self reliance)
as workers.

News:
The architect is busy with the final drawings.
The surveyor has already placed the pegs. See photos.

E-mail us at info@aardskip.com for more info.

Regards
Ludwig and Retha

Friday 3 June 2011

Aardskip Nuus Mei and Junie - Earthship News May and June

-o0o----------


1. Die vrywilliger het nie gebly om ons te help nie, volgens hom het ons nie genoeg ondersteuning van die regering vir die projek nie. Die projek gaan voort met die vriende van die Aardskip.


2. Grond buitekant Orania is nou in ons hande en sal daar begin bou sodra die geleentheid reg is.


3. Ons het 'n offer gemaak vir 'n aardskip erf in Orania. Hou vir ons duim vas dat ons die keer suksesvol is.


4. Sandsakke sal waarskynlik ook gebruik word om die Aardskip te bou. Dit maak net nie sin om groen te bou en dan motorbande van 300 km ver aan te ry nie. Dit is nie goed vir die koolstof voetspoor nie. Sandsakke is ook herwinbare materiaal en pas dus 100% in by die aardskip-idee!


5. Ons gaan n groep op die been bring "Vriende van die Aardskip" wat ons sal
ondersteun met die projek. Ons het reeds belangstelling.



-o0o----------


1. The volunteer came and left without doing a thing. According to him we do not have enough government support (money). Anyway the project will continue with or without him.


2. We are now the owners of ground just outside Orania and will start building there as soon as the time is ready.


3. An offer was made for ground in Orania. Please pray that we will be successful this time.


4. Dirt bags will also be used to build the Aardskip (earthship). There is no ecological (CO2-footprint) sense to build green and to import tyres from 300 km away. Dirt bags are also recycled materials and therefore fits in 100% in the earthship-idea.


5. A supporters group "Friends of the Aardskip" will be started. We already have a number interested parties.


vriendelike groete
Ludwig en Retha